Unlimited Plugins, WordPress themes, videos & courses! Unlimited asset downloads! From $16.50/m
Advertisement
  1. Code
  2. Android
Code

7 Android Template om Jou Volgende Projek te Inspireer

by
Length:LongLanguages:

Afrikaans (Afrikaans) translation by Mel (you can also view the original English article)

Projek template is 'n goeie manier om te leer vanaf ander mense se werk. Hierdie artikel lys a paar populêre Android template wat beskikbaar is op die Envato Mark. As jy opsoek is na inspirasie of jy's besig om 'n aansoek op te bou en het hulp nodig met 'n spesifieke funksie, dan is hierdie template dalk die antwoord waarna jy opsoek is.

Vind Restaurante

Hierdie templaat is propvol funksies en dit sluit selfs 'n backend wat reg is om op 'n netwerk geïmplementeer te word in. Hierdie toepassing laat gebruikers toe om vir naby geleë restaurante te soek, resensies te lees, op sosiale media te deel en dit kan ook 'n tafel bespreek deur epos if teks boodskappe.

Restaurant Finder

Amper elke moderne, mobiele toepassing praat met 'n backend vir een of ander rede en hierdie toepassing is glad nie anders nie. Hierdie templaat bevat 'n rugsteun vir storing van restaurante en gebruiker profiele. Dit bevat ook 'n analitiese paneelbord wat resensies van die restaurant en ander gebruikers van die toepassing wys. As jy inspirasie nodig het vir 'n plek verbonde toepassing, dan is hierdie templaat die moeite werd om na te kyk.

Jou Radio Toepassing

As jy al ooit gewonder het hoe om audio te stream op 'n Android toepassing, dan is hierdie templaat die moeite werd om na te kyk. Hierdie toepassing fokus op audio streaming vanaf aanlyn radio stasies. Die templaat sluit 'n funksie-gepak Android toepassing in, asook 'n backend vir die regulering van radio stasies waarna gebruikers kan luister.

Your Radio App

Die templaat is versoenbaar met beide Android Studio en Eclipse en dit maak staat op Parse vir druk kennisgewings. Dit bevat ook AdMob vir advertensie regulering. Die toepassing ondersteun 'n weie verskeidenheid stream formaterings en het 'n beeldskone, moderne gebruikers koppelvlak. As jy nog nie oortuig is nie, laai die toepassing af vanaf Google Play en probeer dit self.

Opvoedkundige Toep vir Voorskoolers

Mobiele fone en tablette is baie gewild onder klein kinders. Omdat hierdie toestelle maklik is om te gebruik, weet kinders instinktief wat om te doen wanneer daar vir hulle een gegee word. Hierdie templaat sluit 'n toepassing vir die jong kinders in, wat hulle die alfabet en nommers leer deur geluide en prentjies.

Educational App for Preschoolers

Die templaat sluit 'n paar speletjies in waarvan kinders kan kies en daaruit leer. Hierdie templaat kan gebruik word met Eclipse en is maklik om aan te pas volgens jou behoeftes.

Onderhoud Diens Toep

Meer en meer tradisionele besighede gaan mobiel en hierdie templaat is vir die diens mark.  Behalwe vir die mobiele toepassing, bevat hierdie templaat ook backend. Die toepassing self is ryk in funksies en bevat gebruiker registrasie, die moontlikheid om 'n diens to skeduleer en selfs die vaardigheid vir kliënte om 'n resensie te los.

Maintenance Service App

Die gebruikers koppelvlak is skoon en modern. Die toepassing is versoenbaar met Android Marshmallow, maar werk ook met ouer weergawes van Android. As jy graag wil sien hoe die toepassing lyk, gaan kyk hierdie video wat die skrywer op YouTube geplaas het.

Taxi Bespreking Toep

Ek het reeds gesê dat baie tradisionele besighede nou skuif na mobiele toepassings, en hierdie bevat taxi maatskappye ook. Daar is 'n rede hoekom Uber en Lyft so populêr is. Hierdie Android templaat is nogal indrukwekkend. Dit bevat 'n funksie ryke Android toepassing asook 'n kragtige backend. 'n Hele oplossing.  Die toepassing bevat ook 'n interaktiewe kaart met voertuig informasie en opspooring, stem herkenning, en ondersteuning vir druk kennisgewings.

Taxi Booking App

Die templaat offer 'n oplossing vir beide bestuurders en gebruikers. Gebruikers kan 'n rit bestel met die mobiele toepassing en bestuurders ontvang 'n kennisgewing wanneer iemand 'n rit benodig. Selfs al beplan jy nie om 'n taxi bespreking toepassing te maak nie, is daar baie wat jy kan leer as jy rond kyk op hierdie templaat.

Voorraad Bestuur Toep

Voorraad bestuur het altyd baie tyd gevat, is met pen en papier gedoen en het baie gekos as gevolg van hardeware en infrastruktuur. Hierdie is nie meer die geval nie en hierdie Android templaat wys watse moontlikhede daar is. Byvoeging, opdatering en besigtiging van produkte is maklik en eenvoudig, en die gebruiker ontvang 'n kennisgewing wanneer voorraad laag is.

Inventory Management App

Hierdie templaat is liggewig maar verrassend sterk. Die produkte word plaaslik gestoor in 'n SQLite data basis en daar is ondersteuning om dit uit te voer na 'n sigblad. Jy kan die toepassing aflaai vanaf die skrywer se webtuiste, as jy dit graag wil toets.

Pixel Kuns

Wie is nie mal oor pixel kuns nie? Ek dink elke ontwikkelaar is. Hierdie toepassing templaat is 'n eenvoudige teken toepassing wat op pixel kuns fokus. Die gereedskap is eenvoudig, maar ek hou regtig van die resultate wat jy daarmee kan kry.

Pixel Art

Die skrywer het 'n kort video bygevoeg waarin hy Luigi, Mario se broer, teken. As jy meer wil leer oor tekeninge op Android, is hierdie 'n goeie templaat om mee te begin.

Meer?

Die Envato Mark bevat dosyne mobiele toepassing template om jou aan die gang te kry met jou volgende projek. Hierdie template is goed om vanaf te leer of net te sien hoe mede ontwikkelaars hul eie funksies geïmplementeer het. Hulle is ook baie goed as jy net opsoek is na 'n bietjie inspirasie. Gaan kyk na die Android template op die Envato Mark.

Advertisement
Advertisement
Advertisement
Advertisement
Looking for something to help kick start your next project?
Envato Market has a range of items for sale to help get you started.